Pages

04 December 2016

Jou tuin

So maak ek n maand gelede tuin en besef dat baie plante in ons "koelte" bedding het verdwyn.
Maak gister weer dieselfde bedding nat en hier het daar sommer n klomp verskillende plante en varkore opgekom waarvan ek al vergeet het.

So is dit in die lewe ook.
As jy nie vriendskap tuin natmaak en versorg nie gaan dit dood.
Versorg dit mooi en dan kry sommer ekstra en onverwagse mooi en vreugde daaruit.

Dieselfde met ons Geestelike tuin.
Skeep jou stil tyd met God af en jou vreugde en seèninge verdwyn stil stil. 
Sonder dat jy dit besef.
Maar vertroetel jou Geestlike tuin en sien weer al die mooi, goed en genade wat God ons skenk.

Mag tuin in alle opsigte vol in die blom wees.